Interested in Learning More?

Sign up for details about Interesting Articles, Networking Events, Products, Courses, Resources, Services, Webinars and Workshops.
#LifeCoaching #EmotionalInteligence #PersonalDevelopment #SkillsDevelopment #FinancialCoaching #FinancialIntelegence #WealthCreation #SmallBusinessCoaching #StartUp #BusinessManagement #WebDevelopment … etc …

2023 – Aan die einde van ń Grondpad Jaar

🧡Hierdie stukkie deel ek graag – dis pragtig !!

‘n Jaar is byna verby…….’n Grondpad jaar…

Daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op ‘n beter plek te kom as gister… soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie.

Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai..

Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk, van hulle het ek oppad verloor maar dis okay… daar was dorings wat my vele kere gesteek het sodat ek vir dae net nie meer kon loop nie… maar dis ook okay…

Dit was n lang pad, soms sonder water, soms sonder suurstof, soms met geskeurde skoene maar dit was n goeie pad…

Iets geleer? Absoluut!

* Dat niemand die pad vir jou kan stap nie maar wel net saam met jou…

* Dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie…

* Dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie…

* Dat min mense jou enduit gaan help…

* Dat beloftes soms leë woorde is…

* Dat opgee nooit n opsie is nie…

* Dat mens soms net moet sit en rustig word en dankie sê…

* Dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan omdat hulle dit nie vir jou gun nie….

* Dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie…

Ja, daar was goed én sleg maar ek sien uit na die nuwe pad wat voorlê…

Dankie aan elkeen wat dit saam met my enduit gemaak het – ek het by elkeen iets geleer.

Wat nou voorlê weet ons nie, maar wat ek wel weet is dat:

* Ek beter skoene moet kry

* ‘n Groter rugsak

* Meer water en

* Soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak…

Reis veilig…..wees lief vir mekaar….help mekaar….droom saam…lag saam…maak tyd vir mekaar.

Dankie vir jou stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2023 kon dra…

Mag die Here ons lei op die onbekende pad van 2024 en mag ons nooit vergeet van Sy Groot Genade nie….

Mag die laaste paar dae van 2023 net vol sonskyn en liefde wees en mag ons God en Vader altyd oor jou waak.

Mag 2024 gevul wees met die keur van Sy seeninge in jou lewe.

🧡Skrywer onbekend

Met Liefde, Dankbaarheid en Genade,

Yvonne E Venter-Louw

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

BCF Theme By aThemeArt - Proudly powered by WordPress.
BACK TO TOP
Layer 1